Marksegmentering

Marksegmentering is die proses om 'n breë verbruiker- of sakemark, wat gewoonlik uit bestaande en potensiële kliënte bestaan, in subgroepe van verbruikers (bekend as segmente) te verdeel, wat gebaseer is op gedeelde eienskappe. Met die verdeling in segmentmarkte kyk navorsers vir gedeelde eienskappe soos gemeenskaplike behoeftes, gemeenskaplike belange, soortgelyke lewenstyle of selfs soortgelyke demografiese profiele. Die oorkoepelende doel van segmentering is om hoë-opbrengs-segmente – die segmente wat gewoonlik die winsgewendste is of die meeste groeipotensiaal het – te identifiseer sodat dit uitgesonder kan word vir spesiale aandag (hulle word dus die teikenmarkte).

Daar is al baie verskillende maniere geïdentifiseer om 'n mark te segmenteer. Die besigheid-tot-besigheid-handelaars sal byvoorbeeld die mark in verskillende soorte besighede of lande segmenteer. Besigheid-aan-verbruiker-handelaars sal eerder die mark verdeel in demografiese segmente, lewenstylsegmente, gedragsegmente of enige ander betekenisvolle segment.

Die STP-benadering beklemtoon die drie areas van besluitneming.

Marksegmentering gaan van die veronderstelling uit dat die verskillende marksegmente verskillende bemarkingprogramme vereis – met ander woorde verskillende aanbiedinge, pryse, promosies en verspreiding. Marksegmentering is nie net ontwerp om die mees winsgewende segmente te identifiseer nie, maar ook om profiele van belangrike segmente te ontwikkel ten einde hul behoeftes en die aankoopaansporings beter te verstaan. Die insigte wat uit segmenteringontleding verkry word, word vervolgens gebruik om bemarkingstrategie-ontwikkeling en -beplanning te ondersteun. Baie bemarkers gebruik die S-T-P-benadering; Segmentering→ Teikenbepaling → Posisionering  om die raamwerk vir die bemarkingbeplanningdoelwitte te voorsien. Met ander woorde, die mark word gesegmenteer, een of meer segmente word gekies as die teiken, en die produkte of dienste word geposisioneer op 'n manier wat ooreenstem met die gekose teikenmark of -markte.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search